Gavin Rajah
Het jy gehoor?

Gavin Rajah & LEGiT se groot nuus

Voortaan gaan dit baie makliker wees om ‘n skepping van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Gavin Rajah in jou kas te hê. Rajah, bekend vir sy luukse couture, span dié somer met die klerewinkel LEGiT saam.

Gavin RajahLEGiT, wat verlede jaar begin het om saam met groot name in die Suid-Afrikaanse modebedryf, soos David Tlale en selfs die sangeres Toya DeLazy, te werk, is bekend vir sterk kleure, ‘n jong aanslag en bekostigbare pryse.

Gavn RajahKyk hier na David Tlale se modevertoning by die New Yorkse Modeweek!

Die reeks vir LEGiT is persoonlik geskets deur Gavin, wat ook die materialehiervoor eksklusief ontwerp het. Dit bestaan uit rokke, skemerkelkrokke, nousluitende broeke, rompe, tops, skoene en selfs bykomstighede.

Dié nuwe pasklaar-reeks is ‘n nuutjie vir Gavin, wat bekend is vir sy glansryke modes, en die idee is om ontwerpersmodes meer toeganklik vir modeliefhebbers te maak.

Dit sal vanaf 25 November in 190 winkels reg oor die land beskikbaar wees.

Kyk hier die agter-die-skerms-video van die fotosessie