Het jy gehoor?

The Girl with the Dragon Tattoo-klerereeks

Lisbeth Salander, die karakter in die multi-suksesvolle trilogie deur Stieg Larsson, is baie dinge – van ’n heldin tot ’n tegniese boffin, maar trend-setter? Haar styl sal baie vroue die wenkbroue laat lig, want Lisbeth is ’n rebelse punk.

Trish Summerville, die kostuum-ontwerper van die nuutste weergawe van The Girl With The Dragon Tattoo, meen dat dié styl baie eg en ingeleef is. Sy het ook dié reeks vir H&M ontwerp.

“Ek wil hê die klere moet die karakter en innerlike krag van Lisbeth se karakter uitbeeld. Die idee is dat vroue sekere items saam met klere dra waarmee hulle gemaklik is, maar tog daardie rebelse element inbring en hul persoonlike styl behou,” vertel Summerville.

[box:full:grey:both]

Die boek-trilogie, wat bestaan uit The Girl With The Dragon Tattoo, The Girl Who Played With Fire en The Girl Who Kicked The Hornets’ nest, het van Larsson een van die gewildste skrywers in die wêreld gemaak.

H&M het dié gewildheid raakgesien en besluit om die reeks te ontwikkel.

[/box]

Rooney Mara vertolk die hoofrol in The Girl With The Dragon Tattoo. Sy is op die November-uitgawe van Vogue. Rooney vertel in ‘n video op vogue.com hoe sy haarself fisiek en emosioneel moes transformeer vir die rol van ‘n leeftyd, Lisbeth Salander.

Rooney Mara op Vogue

Dit sal 14 Desember 2011, ’n week voor die nuwe fliek uitgereik word, in beskikbaar wees.

[box:full:grey:both]

Hier is The Girl With The Dragon Tattoo se lokprent

[/box]

  • Alida du Toit

    Briljante films. Ek sien uit daarna om die klere te sien. En Rooney se rolvertolking is baie goed.

  • Brenda Ryan

    Ek het al drie die Sweedse weergawes gesien waarin Noomi Rapage Liesbeth Salander vertolk het. Sy was die perfekte weergawe van Liesbeth. Ek het die boeke ook gelees. Ek dink net die Amerikaners sien hierdie as ‘n blockbuster geleentheid om die geld te laat inrol. Hoe gaan die gesegte, don’t try to fix something that’s not broken. Sweedse weergawe was perfek, moenie dit probeer verbeter nie.