kat1
Het jy gehoor?

Kate Winslet hou haar lyf model

Die 36-jarige Kate, wat reeds twee Golden Globe benoemings tot haar naam het, volg in die voetspore van A-lys-sterre soos Gisele Bündchen en Angelina Jolie, wat ook al vir St. John verskyn het.

Die foto’s is in New York geneem, en Kate se natuurlike skoonheid kom sterk na vore.

In ‘n onlangse onderhoud met People het die skeppende bestuurder van St. John, George Sharp, die volgende gese:

“Kate is die ideale keuse vir ons nuwe veldtog. Sy’s ‘n bekwame, pragtige vrou met ‘n merkwaardige rolprentloopbaan, en ‘n aktrise wat wêreldwyd bewonder word.”

Vorige bekendes wat in St. John’s-advertensies verskyn het, sluit in Angelina Jolie (2006 tot 2010) en daarna Britse supermodel Karen Elson. Kate was volgende op die lys en is in 2011 bekroon as die jongste verteenwoordiger.