ysl
Het jy gehoor?

Groot modehuis verander naam

Dis pas aangekondig dat Hedi Slimane, nuwe skeppende direkteur van Yves Saint Laurent, die bekende modehuis se naam gaan verander na Saint Laurent Paris. Dit is alles deel van sy vernuwing van die handelsmerk sedert hy in Maart 2012 oorgeneem het by Stefano Pilati.

Die modehuis Yves Saint Laurent is in 1963 gestig deur Yves Saint Laurent self (oorlede in 2008) en sy vriend Pierre Bergè. Hedi Slimane is in 1996 aangestel as direkteur van die mans-afdeling, en in 1997 is hy deur Bergé aangestel as direkteur van kuns en reekse. Daarna het hy aangesluit by die Dior-span voordat hy in Maart 2012 ‘n amptelike grootkop geword het by die YSL-modehuis.

Vryheid, jeugdigheid en moderniteit is die drie ontwerpers-elemente wat die ikoniese stigter, Yves,  ready-to-wear reeks geïnspireer het. Alhoewel Hedi al hierdie elemente wil behou, wil hy ook die huis ietwat van ‘n nuwe voorkoms gee as deel van sy nuwe rol, deur om dit meer te moderniseer.

Die naam verandering sal finaal geimplimenteer word net betyds vir Slimane se debut vir hul Lente/Somer 2013 reeks by Parys Modeweek wat 25 September afskop.

  • Karina

    Die verandering is darem nie so drasties nie.