preview_06
Het jy gehoor?

Hallo, Valentino, Versace en nog!

Nou is gesogte skoene van Sergio Rossi, Just Cavalli, Iceberg, Casadei, Frattelli Rosseti, Valentino en G. Ferre as ’t ware op jou hakke! Preview – The Designer Collection.

Preview is 18 jaar gelede deur die Christodoulo-familie begin en is die grootste skoenborg vir die Mej. SA-wedstryd. Dié spoggerige winkels in Sandton City en Sun City bied ’n verskeidenheid van skoene, of jy nou soek na hoogmode-skoene teen bekostigbare pryse, sommer net gemaklike dra-skoene of gesogte internasionale handelsname.

Skoene van onder meer Pucci, CNC, D&G, Givenchy en Versace sal later vanjaar hul verskyning in die boetieks maak, wat in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban hul deure gaan oop maak.

*Vir meer inligting besoek www.europaartgroup.com