Het jy gehoor?

Herfs-haarstyle

Herfs het begin en ons het gaan kyk watter haarstyle gaan dié seisoen groot nuus wees. Hier is ons gunstelinge:

Vlegsels in enige vorm

FOTO: Instagram (@chungalexa)

FOTO: Instagram (@chungalexa)

Vlegsels is reeds die laaste paar maande ’n gunsteling-styl en dié seisoen gaan die trend steeds gewild wees. Dra ’n klassieke vlegsel, een wat oor jou skouer hang of maak ’n krans-vlegsel. Met dié trend kan jy kreatief wees!

Gestruktureerde opstyle

FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

Hoë opgekamde style met struktuur is hoogmode. Onthou net, dit hoef nie perfek te wees nie!

Die sombré

FOTO: Instagram (@elizzieolsen)

FOTO: Instagram (@elizzieolsen)

Eers was die ombré (hare wat van donker na lig gekleur is) groot nuus en nou maak die sombré sy verskyning. Die beginsel is dieselfde as met die ombré, maar die oorgang na jou ligter kleur is meer natuurlik en geleidelik.

Reguit, maar nie perfek nie

FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

Ná ’n somer van golwe en krulle maak reguit hare ’n terugkeer. Sorg egter dat jou hare steeds effens deurmekaar lyk en nie té perfek is nie.

Natuurlike ligstrepies

FOTO: Instagram (@ladyccole)

FOTO: Instagram (@ladyccole)

Dié trend is veral op brunette van toepassing. Ligstrepies in ryker karamel skakerings wat natuurlik lyk, is nou in. Vermy skakerings wat té lig is en wat te kontrasterend met jou bruin hare is.

Kort style wat voor langer is

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die elfie-snit (pixie) is steeds gewild dié seisoen, maar die verskil is dat jou hare voor effens langer moet wees as met die klassieke snit.

Kyk deur die galery vir nóg voorbeelde van die trends

Vlegsels - Alexa Chung

FOTO: Instagram (@chungalexa)

Vlegsels - Sarah Hyland

FOTO: Instagram (@therealsarahhyland)

Vlegsels - Ashley Tisdale

FOTO: Instagram (@ashleytis)

Opstyle

FOTO: M.A.C

Opstyle - Cheryl Cole

FOTO: Instagram (@kimberleywalshofficial)

Die sombré - Elizabeth Olsen

FOTO: Instagram (@elizzieolsen)

Reguit, maar nie perfek nie

FOTO: M.A.C

Reguit, maar nie perfek nie - Alessandra Ambrosio

FOTO: Instagram (@alessandraambrosio)

Natuurlike ligstrepies

FOTO: Instagram (@mirandakerr)

Natuurlike ligstrepies

FOTO: Instagram (@ladyccole)

Kort - Julianne Hough

FOTO: Instagram (@juleshough)

Kort - Anne Hathaway

FOTO: Instagram (@annehathaway1982)