Het jy gehoor?

Ou jeans vir ’n nuwe lewe

Levi Strauss in Suid-Afrika moedig hul kopers aan om van hul ou jeans ontslae te raak en terselfdertyd iets goeds vir die omgewing te doen.Verlede jaar is 11 834 pare jeans tydens die Get Rid of your Jeans for Good-inisiatief vir mense in nood gegee.

As jy jou jeans vir liefdadigheid skenk, kry jy boonop R100 of R150 af op ‘n splinternuwe paar Levi’s. Bring voor 8 November jou ou jeans – enige kleur, styl of grootte wat nog drabaar is – na jou naaste Levi’s-tak. Dis ten bate van twee liefdadigheidsorganisasies, die Kheth’Impilo’s en die Topsy Stigting.

“Ons maatskappy is baie bewus van die uitdagings wat vir ons almal voorlê, sosiaal sowel as vir ons gesondheid en die omgewing. Ons is vasbeslote om ’n sakemodel te ontwikkel wat op elke gebied sal werk,” sê Debbie Gebhardt, Levi’s® se bemarkingsdirekteur.

Maak ‘n draai by jou naaste Levi’s-tak en raak vir goed ontslae van jou ou jeans! Vir meer inligting luister na Levi’s-advertensies op YFM, Heart FM en Good Hope FM of besoek www.levi.co.za.