H&M se herfs winter 2016 /2017-reeks tydens Parys modeweek. Foto: @hm_instagram

H&M se herfs winter 2016 /2017-reeks tydens Parys modeweek. Foto: @hm_instagram

Het jy gehoor?

H&M-modelle maak opslae in Parys – vir die regte redes

Die Paryse Modeweek is in volle swang en al die bekendes wat leef en beef maak seker hulle is daar om te sien wat volgende seisoen se modes gaan wees.

Gister het H&M die kollig in die Franse hoofstad gesteel. Nie net met hul ongelooflike modereeks vir Herfs Winter 2016/2017 nie, maar ook vanweë hul keuse van modelle vir die loopplank.

H&M het die norm gebreek deur nie net jong, slanke modelle te gebruik nie, maar ook ouer modelle en modelle met voller figure. Met dié keuse dra H&M die boodskap oor dat hul ontwerpe en reekse vir enige vrou is, maak nie saak wat haar ouderdom of gewig is nie.

Kyk hieronder na dié reeks vir ’n voorsmakie van wat jy om en by teen die einde van 2016 in Suid-Afrika se H&M-winkels kan koop.

 Lees nou