Het jy gehoor?

Hoe kry jy ‘n uitnodiging na die Met Gala + agter die skerms

Die geleentheid word sedert 1948 deur die modetydskrif Vogue aangebied. Die redakteur van dié tydskrif, Anna Wintour, is die een wat besluit watter sterre die geleentheid bywoon.

Kim Kardashian het vanjaar haar eerste uitnodiging gekry nadat sy en haar kêrel, Kanye West, by Anna gaan eet het. Blykbaar is Kanye en Anna groot vriende.

Wat hierdie geleentheid uniek maak, is dat ontwerpers die sterre vergesel wat hul uitrustings dra. Daar is ook elke jaar ‘n tema en vanjaar s’n, Punk: Chaos to Couture, het ontwerpers én gaste laat kopkrap. Andrew Bolton, die museum se kurator vir die mode-uitstalling, het die volgende oor ‘punk’ te sê gehad:

Punk het begin as ‘n impuls, as ‘n gevoel. Geen ander subkultuur het al ‘n groter invloed gehad op wat ons vandag aantrek nie.

FOTO’S: Agter die skerms by die Met Gala

Jennifer Lopez saam met Michael Kors in een van sy rokke.

LINKS: Die model en mode-joernalis Alexa Chung in ‘n Erdem-skepping.

REGS: Nicole Richie se grys hare het die kollig gesteel.

Nicole Richie se punk-geïnspireerde naels.

Die Met Gala is ‘n glansgeleentheid.

Beyoncé is ‘n erelid van die Met Gala en het opgedaag in ‘n swart-en-oranje Kenzo-rok.

LINKS: Taylor Swift in ‘n J. Mendel-skepping – een van Michelle Obama se gunsteling-ontwerpers.

REGS: Emma Watson in ‘n Prabal Gurung-rok.

Dit was Kim se eerste uitnodiging na die rooi tapyt van die Met Gala. Sy het opgedaag in ‘n Riccardo Tisci-rok wat wyd gekritiseer is.

Sarah Jessica Parker het die punk-tema kop toe gevat! Haar kopstuk is van Philip Treacy en haar rok van Giles Deacon (sien foto bo). Sy het haar glam-punk-uitrusting met Louis Vuitton-stewels afgerond.