Het jy gehoor?

JA of NEE? Camilla se vreemde handsak

Prins Charles se vrou, Camilla, het talle mense verbaas met dié interessante handsak wat sy onlangs gedra het.

Die hertogin van Cornwall se handsakkie is die perfekte afbeelding van ’n bekende Britse handelsmerk se blikkie gebakte bone. Selfs die bewoording op die blik is perfek met blinkers op die handsak nageaap.

Sy het ’n tien voet hoë standbeeld van ’n kleurryke olifant onthul by haar oorlede broer, Mark Shand, se liefdadigheidsorganisasie, Elephant Family, waarvan sy die president is.

FOTO: Getty Images/Gallo Images

FOTO: Getty Images/Gallo Images

“Wow, dit is regtig ’n vreemde keuse vir Camilla. Hierdie tipe handsakke is veral gewild onder street style-bloggers en Japanse Harajuku-girls as gevolg van die pret en quirky elemente van die handsakke,” sê Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur.

Sy meen dit het te doen met die pop art-trend wat deur ontwerpers soos Moschino en The Rodnik Band (wat Camilla se handsak ontwerp het) die lig sien. Dié soort tong-in-die-kies-modes is nou oral te sien.

All Aboard! @moschino @itsjeremyscott

A photo posted by Cailli & Sam Beckerman (@beckermanblog) on

Ons het dié gier so ‘n paar jaar gelede hier in Suid-Afrika ook sien kop uitsteek toe die bekende kettingwinkel Big Blue onder meer T-hemde met bekende SA handelsmerke soos Lucky Star, Lion-vuurhoutjies en Chappies-borrelgom daarop begin verkoop het.

T-hemp met Lion-vuurhoutjies. Koop dit by Big Blue

Marmite-groeipakkie. Koop dit by Big Blue

Inkomazi-T-hemp. Koop dit by Big Blue

Impi-groeipakkie in die bekende Wimpy-embleem. Koop dit by Big Blue

Lucky Star-groeipakkie Koop dit by Big Blue

Dink jy die handsak is gepas vir ’n hertogin?

  • Ja
  • Nee