tamara_choo
Het jy gehoor?

Jimmy Choo: Eers skoene, nóú parfuum

Dis nie seker wanneer dit die suidpunt van Afrika sal bereik nie! President Tamara Mellon het drie jaar gelede al ‘n ooreenkoms met Inter Parfums, wat fyngeure van huise soos Burberry, Lanvin en Van Cleef & Arpels versprei, gesluit.

Volgens haar “was dit nog altyd my visie om die vrou ten volle met bykomstighede uit te rus en parfuum is ‘n belangrike deel van die moderne vrou se klerekas.” berig www.bellasugar.com.au.

Watter note en geure dié sjiek parfuum sal bevat, is steeds ‘n misterie, maar soos ons Jimmy Choo ken gaan dit sexy en ‘n absolute moet-hê wees!

Choo en UGG®: ‘n formidabele span

Die ikoniese Australiese UGG®-stewel dra ook nou die Jimmy Choo-stempel. Kies vir jou ‘n stewel met luiperdvelmotief, bling, of klinknaels uit dié beperkte en eksklusiewe reeks met supermodel Amber Valletta as die gesig van die advertensieveldtog: Paris en sus Nicky Hilton, Natalie Portman, Rachel Bilson het!

UGG & Jimmy Choo