Het jy gehoor?

‘n Jimmy Choo-rooi tapyt

En by vanjaar se Bafta’s (8 Februarie 2009) het aktrises & modelle soos Thandie Newton, Yasmin Le Bon, Karolina Kurkova & Freida Pinto die aandag op hul Jimmy Choo-voete laat val.

Die eerste Jimmy Choo-reeks is in 1996 bekend gestel en tans is daar 80 winkels in 24 lande. Maar jy moet ’n vrygewige oom hê – die pryse wissel van R4 500 tot so … wel … R25 000. Of vra vir iets anders uit die man se nuwe reekse: handsakke, sonbrille en binnekort ook Jimmy Choo-parfuum.

“Dit maak nie saak wat jy dra nie, solank jy goeie skoene en ’n goeie handsak het, sal jy reg lyk.” Wyse woorde van Tamara Mellon, president en stigter van Jimmy Choo.