Catherine Martin. FOTO: Bryan-Crowe / ©A.M.P.A.S

Catherine Martin. FOTO: Bryan-Crowe / ©A.M.P.A.S

Het jy gehoor?

Juweliersware 101: Die verskil tussen rooitapyt-, kostuum- en fyn juwele

Hoe baie weet jy van die juweliersware in jou kas? SARIE se modespan gee “les” oor die verskillende soorte juweliersware en wat om wanneer te dra.

Rooitapyt-juwele

Al die stene én die metaal wat gebruik word, is eg. Dit is bonkige items as gevolg van al die edelstene. Hierdie is items waarin jy belê, wat familie-erfstukke word – dink ook aan die koninklikes se familie-juwele!

SARIE se senior mode-assistent, Luzanne van der Watt, sê kostuumjuwele het dié eienskappe:

  • Die juwele is baie dramaties.
  • Dit is oordrewe items sodat dit raakgesien kan word van ’n verhoog af of duidelik op kamera vasgevang kan word.
  • Hierdie bykomstighede is ontwerp vir ’n spesifieke geleentheid, daarom is die item nie kommersieel nie.
Chiwetel Ejiofor en Sari Mercer by die Oscars. Sy dra ’n halssnoer van Forevermark. FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Chiwetel Ejiofor en Sari Mercer by die Oscars. Sy dra ’n halssnoer van Forevermark. FOTO: Bryan Crowe / ©A.M.P.A.S

Kostuumjuwele

Dit is bonkige items wat elke dag gedra kan word. Geen van die stene is eg nie, en is van plastiek of glas.

Dié juwele is nie klassiek en tydloos soos rooitapyt-juwele nie, maar volg die seisoenale modeneigings. Dit is dikwels kleurryk, goedkoper en kommersieel.

Fyn juwele

Fyn juwele is presies dít – fyn en vroulik.

Dié juwele kan nie op ‘n afstand gesien word nie, daarom is dit nie so gewild op die rooi tapyt nie. Maar dis perfek vir alledaagse gebruik.

Fyn diamantoorbelle van Diamond Dreams. FOTO: Verskaf

Fyn diamantoorbelle van Diamond Dreams. FOTO: Verskaf

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, oor juwele:

Juweliersware hang alles af van die persoonlikheid van die draer. Tendense sal wel ’n groot invloed hê op die keuse wat jy maak om te koop. As roosgoud die ‘in’-metaal is, sal jy eerder dié kleur oorweeg bo silwer of goud. Dit geld ook vir stene.

Juwele en die flieks

Juwele word soms misgekyk in films, maar is een van die beste maniere vir kostuumontwerpers om die karakter se welstand én persoonlikheid te wys.

Ons is mal oor die Hollywood-kostuumontwerper Catherine Martin se werk. Sy het onlangs twee Oscars gewen vir die stel- en kostuumstilering van The Great Gatsby.

Catherine was ook verantwoordelik vir die glans en diamante in Moulin Rouge. Sy weet beslis hoe vroue oor diamante voel!

moulin-rouge-poster-artwork-nicole-kidman-ewan-mcgregor-john-leguizamo