Het jy gehoor?

Kry jou Kate-geïnspireerde jas … in die SARIE-winkel!

Max Mara het Kate, die hertogin van Cambridge, vereer deur ‘n jas na haar te vernoem. Die handelsmerk, wat bekend is vir hul jasse en minimalistiese styl, het dié kasjmier-jas, met ‘n opstaan-kraag en strik-belt, die Kate-jas gedoop. Sy het die jas verlede jaar tydens die koue Britse winter gedra (foto bo).

Max Mara vernoem jas na Kate

Soos met talle ander produkte, van babawiegies tot rokke en naellak, het dié jas van die rakke gevlieg nadat sy dit gedra het en dit met haar geassosieer is. (Lees meer oor die Kate-effek hier.) Met die heruitreiking van dié jas het Max Mara besluit om Kate se naam daaraan te verbind.

BRON: Vogue

[box:full:red:both]

Kry jou Kate-geïnspireerde jas in die SARIE-winkel

Dié jas van meltonstof sal nie ‘n gat in jou sak brand nie, maar dit sal jou steeds soos ‘n koninklike laat voel!

Chris Viljoen, spree se mode-direkteur:

Nanine (die ontwerper van dié jas) gee vir jou ‘n jas wat net so mooi binne as buite is. Dis ‘n ware belegging wat jou oor die lang termyn beslis gaan loon!

Max Mara vernoem jas na Kate

Die tregter-kraag jas

Dun bruin belt

Bruin Belt

[/box]