Het jy gehoor?

Kate Moss, ‘n Stillis?

Die onstuitbare en onvoorspelbare Kate Moss is alweer besig om iets nuut aan te pak! Die gerugte is uiteindelik bevestig- sy gaan as stileerder deel uitmaak van X- Factor se 10de seisoen, die seisoen wat ook hul verjaarsdag gaan herdenk.

Catwalkqueen berig dat Kate Moss se deelname deel vorm van Simon Cowell se plan om X Factor te red, omdat dié realiteitsprogram se kykers begin afneem het in die afgelope paar seisoene. Cowell wil in die komende seisoen oomblikke skep wat menses al laat snak na hul asems en beplan dus spesiale episodes met tema’s en nog meer.

Moss sal in die Britpop– episode die deelnemers stileer en ook vir elkeen raad gee oor watter klere hul moet dra. Britpop is die genre wat gebruik word om die neiging in die 1990’s te beskryf. Dit was die tyd toe Britse musiek ’n wending geneem het na musiek wat baie beïnvloed was deur die kitaar- popmusiek van die 60’s en 70’s en die Britse musiekbedryf ’n alternatief gebied het teen die grunge– musiekbewegings van die VSA.

Cowell beoog om meer kykers te betrek as gevolg van Moss se deelname en hy wil ook wys dat hy die stilering van hierdie realiteitsprogram as belangrik ag. Moss se bekendheid in die modebedryf en haar Britse herkoms maak vir ’n perfekte kombinasie in hierdie spesiale episode. Moss het ook in gestem om te gesels oor haar kinderdae en herinneringe soos die deelnemers gekose Britpop– liedjies sing.

Ons gaan beslis nie hierdie episode mis loop nie. Spits jou ore en rek jou oë, want met Kate Moss in beheer van die deelnemers se klere, sal hierdie, soos alles wat sy aanpak, ’n onvergeetlike episode wees!