Kelly Osbourne. FOTO: @kellyosbourne op www.instagram.com

Het jy gehoor?

Kelly Osbourne ontwerp haar eie plus-grootte modereeks

Sy noem haarself ‘n VVP, ‘n voormalige vet persoon, en meen dat sy ‘n soetsuur verhouding met die modewêreld het. Nou neem sy die modewêreld in haar eie hande.

As ‘n VVP weet Kelly dat baie modes nie vir ‘n ‘normale’ vroulike lyf gemaak is nie. Daarom is sy so opgewonde om haar eie plus-grootte modereeks te ontwerp. Dié reeks gaan alles bevat – haar eie prettige styl, maar ook iets meer konserwatief.

Buiten haar bekende ouers, Ozzy en Sharon Osbourne, het Kelly sedert 2009 meer bekendheid verwerf met haar gewigsverlies. Sy is ook deel van die Fashion Police-span, ‘n program waarin Joan Rivers en Juliana Rancic kommentaar lewer oor bekendes se uitrustings.

Kelly Osbourne. FOTO: Instagram

Kelly Osbourne. FOTO: @kellyosbourne op www.instagram.com

Kyk hier na Kelly se eerste bikini-voorblad!

Sy sal die kreatiewe direkteur van haar reeks wees. Haar ontwerpe is beskikbaar in alle groottes. “Ek sal nooit iets maak wat nie sal goed lyk vir plus-grootte-figure nie”, het sy aan Fashionista gesê.

Lees hier oor Kelly se verlowing!

Kelly is ook baie uitgesproke oor hoe die modewêreld groter vrouens hanteer:

Die modewêreld wil nie regtig luister na wat ‘n kort, mollige meisie te sê het nie.

Sy sien haar reeks as die oplossing op baie vroue se probleme en gebruik haar eie liggaam en ervarings as inspirasie vir haar reeks.