vintage_spinner_beauty_case
Het jy gehoor?

Klassieke reisstyl

Supermodel en Hollywood-aktrise, Milla Jovovich, is die gesig van dié Black Label-reeks.

Hierdie reistasse is ontwerp vir die modieuse reisiger en toegerus met wasgoedsak, skoensak en hangslot. Die klassieke kleur en vintage-leerdetail maak hierdie tasse beslis ‘n belegging vir die toekoms.

Pryse wissel tussen R9 995 en R12 995 vir die Spinner-tas in verskeie groottes, en die smuktassie kos R4 695. Hierdie reeks het ‘n 10-jaar-waarborg.

Vir meer inligting, skakel 031 266 0620 of besoek www.samsonite.com.