397815_10151556483733389_1266621897_n
Het jy gehoor?

Koop klere sonder geld

Die Organ Donor Foundation van Suid-Afrika, in samewerking met Native, ’n Suid- Afrikaanse bemarkingsmaatskappy wat glo in “the miracle that is South Africa”, open Vrydag ’n klerewinkel, The Exchange, by die Cavendish-sentrum in Kaapstad.

Hierdie is egter geen normale klerewinkel nie, want jy betaal nie met geld nie, maar met jou registrasie as orgaanskenker. Geen wins word deur The Exchange gemaak nie. Die winkelspasie word geskenk deur Cavendish vir die maand en in Mei en Junie en alle voorraad binne die winkel is ook geskenk deur meer as 25 plaaslike ontwerpers. Jy sal egter moet spring met jou “kopie”, want sodra alle voorraad ‘uitverkoop’ is, maak die winkel toe.

Suid-Afrikaanse ontwerpers het die kans om hul klere, skoene en bykomstighede te skenk aan die winkel wat sodoende die winkel se voorraad is. Elke ontwerper het ’n gealokeerde tydgleuf en plek vir hul uitstalling binne die winkel. Die feit bestaan dat ’n enkele orgaanskenker, 7 mense se lewens kan red. Dáárom, met meer as 500 items binne die winkel, beoog The Exchange om meer as 3500 lewens te red.

Ben Wagner, benoem as hoof bemarkingsvergter op Native se webtuiste, het die volgende oor The Exchange gesê: “Dié konsep wil bewys dat mode lewens kan red.”

Slegs een item sal verkoop word per kliënt. Registrasie vind plaas deur die Organ Donar-Facebook bladsy:  www.facebook.com/organdonorfan

Dit is ’n uitstekende idee om positiewe verbruikerswese aan te moedig, jou sosiale verantwoordelikheid uit te leef en te wys dat mode eintlik lewens kán red.

Sien jou by Cavendish, winkel L185.