Het jy gehoor?

Koop nou, dra later

Dis uitverkopingtyd – belê in dié items
en jy sal dit vir nog ’n seisoen dra

Juweliersware met motiewe                       

1. Juweliersware met motiewe
Vanjaar gaan daar baie blomme,
slange en voëls op juweliersware
wees. Begin nou al uitkyk.
Blomhalssnoer van plastiek en
metaal (r229), accessorize.

Dun Belt 2. Dun belt
Belts is dunner, maar soms so lank dat
jy dit twee keer om jou middel kan draai.
leergordel (R480), Missibaba @ Misfit.

Luiperdpatroon

Trekkoordhandsak
3.Luiperdpatroon
as jy ná 2 seisoene nog nie ’n
wildekat-motief in jou kas het nie,
is dit nou die regte tyd om een
aan te skaf. luiperdmotief-serp
van sy (R2 550), louis vuitton.
kry ’n soortgelyke serp (R320) by Nicci Boutique
4. Trekkoordhandsak
Dié 70’s-styl-handsak se trefkrag lê in
sy gerief: g’n gesukkel met ’n gespe
of knip nie. Grysbruin trekkoordhandsak
van kunsleer (R250), Foschini.
   
Swart Kant Spitspyp-broek
5. Swart kant
Dié tekstuur was opvallend
in Dolce&Gabbana se winter
2011-versameling. Dra nou ’n kantromp
saam met ’n eenvoudige top en later
saam met winter-teksture soos wol en
sy. lang swart kantromp van maasstof
(r350), Foschini. Groottes: 8 – 14
6. Spitspyp-Broek
Die skoon lyne van die broek met sy
pype wat ondertoe spits (die tapered broek)
is perfek vir die winter se minimalistiese style.
kyk uit vir neutrale kleure soos beige, swart
en grys. Broek van viskose (r1 299), Country
road @ woolworths. Groottes: 4 – 16
   
Parka Laer Spykerhakies
7. Parka
Die somer se militêre tendens
gaan in die winter nog met ons
wees. enigiets in kakie of klipkleur,
maar veral ’n parka, is ’n goeie
belegging. Parka (R1 395), Slate.
8. Laer Spykerhakkies
Ons sien dié somer reeds lae
spykerhakke (kitten heels), maar
dit gaan net gewilder raak.
Grysbruin suède-skoen met laer
hakke (r1 695), Carvela @ spitz.
Juweelkleure Skoen met veter-detail
9. Juweelkleure
Swart, kameelkleur en kakie
is die winter se modepalet. kyk
solank uit vir juweelkleure wat jy
saam met jou winter-items kan dra
om dit op te helder. katoenbloes
(r320), Foschini. Groottes: 8 – 14
10. Skoen met Veter-detail
of jou skoen nou plat of met ’n
hak is, ’n veter moet dit hê. beige
ooptoon-hoëhakskoen van leer