Het jy gehoor?

Levi’s vir elke figuur

Omdat die meeste van ons nie ‘n plankfiguur het nie, het Levi’s 4 soorte kurwes in ‘n studie onder 60 000 vroue wêreldwyd geïdentifiseer wat vir verskillende vrouerondings voorsiening maak. Dit word genoem die “Slight Curve”, “Demi Curve”, “Bold Curve” en die “Eva Jean”. Elkeen van hierdie style sal beskikbaar wees in byvoorbeeld ‘n stewelpyp-jean en ‘n noupyp-jean, en pryse is vanaf R450.

Levi’s het ook 4 vroue gekies, wat op die foto’s gesien kan word, om Levi’s Curve ID in Suid-Afrika te verteenwoordig. Hulle is: Candice Heyns (DJ), Josie Field (sanger en liedjieskrywer), Naima McLean (aktrise en liriese digter) en Fix Moeti (DJ).

Vir meer inligting, bel 021 403 9400 of besoek www.levi.co.za.