fireshot_capture_284_photos_of_lady_gaga_www_imdb_com_media_rm3633876480_nm3078932
Het jy gehoor?

Lady Gaga se eksentrieke styl beïnvloed mode- en skoonheid-tendense

Die gewilde grimeerhuis M.A.C het pas Viva Glam, ‘n lipstiffie en lipglans wat deur Lady Gaga geïnspireer is, bekend gestel. Die wins wat uit die verkoop van die M.A.C Viva Glam-produkte gemaak word, sal aan die M.A.C Vigs-fonds geskenk word. Vir meer inligting of om die Lady Gaga-lipstiffie of -lipglans te bestel, besoek www.vivaglam.com.

Dié gewilde kunstenaar het ook by die pas afgelope Paryse Modeweek ‘n verskyning as model vir Thierry Mugler op die loopplank gemaak. Sy was ook die musiekdirekteur van die modeparade en haar liedjies was die ritme waarop modelle hul uitrustings ten toon gestel het. Sy was blykbaar vreeslik op haar senuwees voor die tyd, maar toe haar groot oomblik aanbreek, het sy haar met twee poniesterte en 20 cm hoë hakke uitstekend van haar taak gekwyt. Die hele vertoning was regstreeks op Thierry Mugler se Facebook-blad te sien.

Sy is bekend vir haar unieke uitrustings op die rooi tapyt – dikwels baie gewaagd. En tog is sy super-gewild, al is sy vreemd. Mense is mal oor haar skerp aanslag en waagmoed, en natuurlik haar musiek.

Haar eerste album, The Fame, wat in 2008 die lig gesien het, het die 12 miljoen-verkoopsyfer verbygesteek. En Born This Way, haar jongste album, doen nog beter. Haar Twitter-blad is van die grootste ter wêreld en staan tans op 8,6 mijoen volgelinge. Sy het vrou-alleen die manier waarop ons dink, musiek luister en aantrek in ‘n japtrap kom verander.

 

 

 

  • Lilian

    Ek dink Lady Gaga is grillerig. Haar klerestyl is pateties en mense moet ophou maak sy is so wonderlik.

  • millie

    ek glo tog almal is anders. laat lady Gaga tog maar haar glorie genie, en ten minste doen sy haar deel aan "charity". Gee jy dalk iets aan "charity"?

  • millie

    ek glo tog almal is anders. laat lady Gaga tog maar haar glorie genie, en ten minste doen sy haar deel aan "charity". Gee jy dalk iets aan "charity"?

  • http://wehmeyermanufacturing.co.za Piet

    Onlangs gesien hoe die lady in n eier op n kruis in n plek in gedra word . Van haar liedjies is ook totally weird en dit wil voorkom of daar sterk anti christelike sinsnedes gesing word . n Mens moet fyn luister en dink voordat jy agter iemand aanhardloop .

  • shalayne

    doen jouself ‘n guns en lees asseblief bietjie http://www.vigilantcitizen.com se kommentaar oor lady gaga en haar skielike gewildheid, dis skokkend ! maar verduidelik baie…

    volg hierdie link…

    http://vigilantcitizen.com/?p=3979

  • Stella

    Lady gaga is van die BOSE – kyk haar lewenstyl en luister mooi na die woorde van haar liedjies. Ek wens mense se oe wil oopgaan sodat hulle kan onderskei tussen goed en sleg. Sy is n siek siek mens.

  • pietsnot

    Sy is/lyk grillerig. Presies wat haar (verhoog)naam sê: GAG(G)A.!!! Met groot vet rooi letters geskryf…

  • Adrian

    Ja, ek moet eerlik se dat my opinie van Lady Gaga drasties verander het. Daar is geen "lady" omtrent haar nie. Defnitief van die bose – geen, maar geen twyfel by my nie.

  • GSV

    Sy is die Bruid van Satan –

    People please stop listening to Lady Gaga; real name Stefani Joanne Angelina Germanotta, she is the BRIDE OF SATAN and through her music she wants to catch peoples souls. Encourage especially your children and grand children not to listen to this women‘s music. Please I beg of you take this as serious as possible. Sold her soul to the devil for fame and fortune.. 8M followers on twitter, top selling artist winner at the Grammies. This is clearly the devil at work… Carried on a cross, how DEMONIC, look at her and the men carrying the cross – they have horns on their shoulders and faces!

  • qjjuovjagd

    yaVsPy zndvxudptdiz, [url=http://ctvyxujkqsca.com/]ctvyxujkqsca[/url], [link=http://yhhdcnkdfcqa.com/]yhhdcnkdfcqa[/link], http://tfbiptphajpr.com/

  • Val

    Millie, net omdat sy aan charity gee beteken nie sy is `n goeie mens nie. Dis tog haar manier om daardie charities in te trek by haar antie-Christen beweging.

  • czjvuts

    YrcMLw onybytrqdccq, [url=http://jqufrsbzzeol.com/]jqufrsbzzeol[/url], [link=http://odibofxlyzxr.com/]odibofxlyzxr[/link], http://rjymixfnxpvl.com/

  • Jenny

    Ek ondersteun absoluut haar uniekheid maar sy moet besef sy’t as publieke figuur ‘n verantwoordelikheid teenoor die jeug.Die insident waar sy ‘n barbie pop by een van haar vertonings eers oor haar privaatdele getrek het voordat dit die gehoor in gegooi is was in swak smaak ("common") en n swak voorbeeld vir die jeug.Ek het nog nooit spesifiek na al die woorde van haar liedtjies geluister nie so kan nie kommentaar lewer oor Satanistiese inhoud nie maar vra haar om eers te dink dan doen! Ek het geen twyfel sy sou ook so voel as sy self tieners gehad het.

  • Andrew

    Lady Gaga is NOT the bride of satan.
    She is just one in a long line of American, female, vaguely provocative pop singers who consciously
    feed into the media in order to generate interest in and publicity for themselves.

    Madonna pushed just as many of people’s buttons in her time and in my opinion
    was a lot more original whereas I find Gaga derivative.

    Any people who really believe she is "The bride of Satan" are just naive, narrow and uninformed, sticking
    to predictable knee-jerk reactions based on standard literal Religious beliefs that allow
    them to easily feel right.

    The real evil in this world is usually actioned by Soldiers, Politicians,
    and Religious fundamentalists and extremists.

    In South Africa’s history, specifically, I mean Apartheid, and the SADF and its guerilla involvement in Angola,
    justified by scaremongering about Communism that damaged many South Africans of a certain age conscripted into it.

    That was evil, but yet religiously and culturally totally acceptable by the powers that be of the time.
    This leaves me with little respect for any set of Religious beliefs that could allow such things
    to happen and no respect for people on this forum bleating out these typical fears about ‘bruid van Satan’. Your narrowmindedness fed straight in Apartheid. I understand you are mostly nice and caring, but please, stop being so stupid and literal.