ladygaga_hare
Het jy gehoor?

Lady Gaga se vreemde rokke: Eers vleis en nou hare…

Sy het verlede week by die Oak Room in New York opgedaag in ‘n uitrusting wat uit hare gemaak is en met gom en toutjies bymekaar gehou is. Visnekkouse en Alexander McQueen-skoene het die uitrusting afgerond.

Dit volg nadat sy onlangs ‘n volledige uitrusting – van haarstuk, rok tot skoene – van repe vleis na die MTV-musiektoekennings gedra het. Dít het selfs nou ‘n nekstuk geïnspireer! Gelukkig is dit darem nie van regte vleis gemaak nie…

En by die onlangse John Lennon-huldeblykkonsert het sy konsertgangers verder geskok deur ‘n deurskynende katpak te dra (John Lennon sou sy 70ste verjaarsdag op 9 Oktober gevier het).

Lady Gaga in &aposn rok van vleis&aposn Lady Gaga-geïnspireerde nekstuk

  • Heila

    ag nee wat! sommer klaar naar….

  • Silvi

    Kan die vrou normaal wees????????????

  • Marianne

    KYK …. die vrou is S I E K!!! al maak sy baie geld met haar siek brein…. goeistes!!!!

  • Karin

    Gagga ja, lady – nee!

  • http://cdubremtulbq.com/ dwdanglyrv

    X0oYa5 fvarlbquplue, [url=http://fqeacmmzbzmt.com/]fqeacmmzbzmt[/url], [link=http://vodpfkpxdium.com/]vodpfkpxdium[/link], http://ylpfgyebnbtg.com/

  • Lucille

    Dis beter as vleis