Het jy gehoor?

Louis Vuitton bring nuwe ontwerpe uit in samewerking met straatkunstenaars!

Die modewêreld ken geen perke nie en ontwerpers se skeppings dien gedurig as ‘n platform waar al hoe meer kunstenaars hulself betekenisvol kan uitdruk. Louis Vuitton het voorheen suksesvol met straatkunstenaars soos Retna, Aiko en Os Gemeos saamgewerk en was dit onvermydelik dat hulle weer eens dié jaar ‘n soortgelyke samewerking aanpak.

Eko Nugroho van Indonesia, EINE van die Verenigde Koninkryk en die Franse-Tunisiër, eL Seed,  het die uitnodiging ontvang om elkeen hul eie visioen op die simboliese groot-vierkantige-systof-serp uit te beeld vir die Louis Vuitton herfs/winter 2013 reeks.

Louis Vuitton

Eko Nugroho se interessante ontwerpe meng stedelike en “pop” invloede met tradisionele motiewe van Indonesia, terwyl EINE inspirasie neem uit Louis Vuitton se erfenis en sodoende die opwinding van ‘n reis uitbeeld in woorde en helder en dramatiese kleure. eL Seed gebruik Arabiese kalligrafie om patrone te vorm wat Louis Vuitton se ikoniese motief op die ontwerp openbaar.  

Louis Vuitton

Louis Vuitton

Vind meer inligting op die Louis Vuitton webtuiste

‘n Serp met druk-motiewe gee kleur aan enige effekleurige uitrusting en is so maklik om dit by te voeg. Vind jou serp by Sarie se aanlyn-winkel in Spree:

“Multi-yarn tassled scarf” van Fred Tsuya Multi-yarn tassel scarf
Serp met kopbeenpatroon Printed Scarf

     Serp met kopbeenpatroon van Fred Tsuya                           “Printed scarf” van SLICK