04_004
Het jy gehoor?

Louis Vuitton se nuutste handsak

Die naam van die sak, The W, dui op die geometriese lyne van die buite-ontwerp. Dié drasak doen die tradisie van gehalte en kenmerkende voorkoms wat die handelsmerk deur die dekades heen so bekoorlik gemaak het, gestand. “The W” is groot genoeg om jou deur enige besige dag te kry, maar dit bly steeds ’n funksionele grootte. Dis beskikbaar in verskeie kleure en ontwerpe en bestaan uit ’n verskeidenheid materiale soos sy, leer en fluweel.

Louis Vuitton "The W" drasak

Die binnekant is slim ontwerp, met verskillende klein sakkies in sagte suède – daar is ‘n logiese bêreplek vir elke klein noodsaaklikheid in ‘n vrou se lewe. Voortreflike gehalte, met ’n moderne en elegante voorkoms.

Louis Vuitton "The W" drasak

Die reeks bestaan uit vyf verskillende drasakke en sal teen 1 Julie 2013 in Suid-Afrika beskikbaar wees. Kry meer besonderhede op hul webtuiste.

Watter van dié ontwerp-style is jou gunsteling?

Volg Louis Vuitton SA op Twitter