Het jy gehoor?

Louis Vuitton stel nuwe stadsgids vir Kaapstad bekend – 1ste vir Afrika

SARIE was op Vrydag 1 November by die bekendstelling van die nuutste publikasie in Louis Vuitton se populêre stadsgidsreeks vir wêreldstede. Cape Town – Louis Vuitton City Guide is ‘n eerste vir Afrika en vorm deel van die hul 15 jaar-herdenking. Hulle het in 1998 die eerste gids gepubliseer. Hong Kong, New York, Tokio, Miami, Sydney en Venesië geld onder van die stede waarvan daar reeds stadsreisgidse deur Louis Vuitton gepubliseer is. Nuwe perspektief, nuwe uitleg en nuwe skrywers vorm als deel van dié herdenkingsjaar.

louis vuitton4

Cape Town – Louis Vuitton City Guide

Wat kan ek hierin lees?
Die Louis Vuitton stadsgids bied jou ‘n vars blik op wêreldstede, en die juwele wat jy daar kan ontdek. Die Vuitton-kurators en -skrywers fokus daarop om die geheime van elke stad te verklap – van luukse hotels tot die beste sjokolade-winkels, restaurante op ongewone plekke, boutiques, electro-dansklubs en selfs onbekende museums. Herontdek die geheime van bekende stede.

Skrywers vir Cape Town – Louis Vuitton City Guide:
Paul Duncan, Patrick Farrell, Nadine Rubin Nathan
Fotograaf: Alain Willaume
Gas: Beezy Baily

louis vuitton2

Splinternuwe Louis Vuitton-handsakstyl vandag in SA bekendgestel

Kry joune by enige van die Louis Vuitton-winkel in die V&A Waterfront of Sandton City