Het jy gehoor?

Stella McCartney loods haar kinderreeks

Stella McCartney Kids (ja, die dogter van The Beatles-legende Paul McCartney) het gister (Woensdag 3 November) haar klerereeks op oorsese winkelrakke verwelkom.

McCartney oor die reeks: “Ek wou ‘n reeks ontwerp met basiese items wat gemaklik genoeg is sodat die pret en sorgeloosheid van die kinderlewe nie ingeboet word nie.”

Klere-items vir kinders tot 12 jaar kos tussen R184,68 en R1 458. Hopelik sien ons dit binnekort op eie bodem.

 

Ag moeder!In die kol!