Het jy gehoor?

Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak

Die eerste in die reeks, getiteld The Lady Noire Affair, is geskiet deur die La Vie en Rose-regisseur Olivier Dahan en is geïnspireer deur die flieks van Alfred Hitchcock. Die tweede is getiteld Lady Rouge.

Die 4 kortflieks sal in 4 verskillende stede afspeel en sal elke keer saamval met die bekendstelling van ‘n Dior-klerereeks. Die storielyn sal Dior-liefhebbers laat asem ophou vir die volgende kortfliek. Leidrade en vrae, soos “Wat is die titel van die boek in haar sak?”, en “Waarom is sy nou in New York” op die Lady Dior Twitter-blad sorg vir ekstra opwinding.

Kyk die The Lady Noire Affair:

Kuier agter die skerms: