Het jy gehoor?

Michael Phelps: Nuwe gesig van Louis Vuitton

Michael Phelps, die Amerikaanse swemmer wat pas by die Londen 2012 Olimpiese Spele sy 22ste medalje gewen het en daarmee ook die Olimpiese deelnemer geword met die meeste medaljes ooit, het nou ook nog ‘n gesogte ‘titel’ losgeslaan – dié van handelsmerk-ambassadeur vir Louis Vuitton.

Hy en gimnas van Oekraïne, Larisa Latynina (gebore in 1934), verskyn saam in dié nuutste advertensieveldtog wat geskiet is deur Annie Leibovitz, die fotograaf wat bekendheid verwerf het vir haar portrette.

Die woorde “Two extraordinary journeys. Just one way to get there. Larisa Latynina and Michael Phelps. Gymnast and swimmer of legend.” staan op die nuwe advertensies.

Van die bekendes wat in vorige advertensies gebruik is, is:

2007:

Franse aktrise Catherine Deneuve

Tennislegendes André Agassi en sy vrou Steffi Graf

2008:

Keith Richards van die The Rolling Stones

Voormalige James Bond, akteur Sean Connery

Filmmakers Francis Ford Coppola en sy dogter Sofia

2009:

Buzz Aldrin, bemanningslid van die eerste maanlandingsending

2010:

Balletdanser en akteur Mikhail Baryshnikov

Fotograaf Annie Leibovitz

2011:

Aktrise en kampvegter Angelina Jolie

* Vanaf 16 Augustus kan die webtuiste besoek word: www.louisvuittonjourneys.com/beyondthelimits webtuiste

* Volg Louis Vuitton op Twitter