FOTO: Louis Vuitton met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Michelle Williams se rok – JA of NEE?

Die 33-jarige aktrise het dié ontwerpersrok in New York gedra toe sy Cabaret op Broadway gaan kyk het. Wat dink jy van haar rok?

Michelle, wat al vir 3 Oscars benoem is, het lanklaas in ’n fliek gespeel. Sy is die ma van 8-jarige Matilda Rose uit haar verhouding met die ontslape Heath Ledger.

Michelle is ook deesdae die gesig van die luukse handelsmerk Louis Vuitton. Kyk HIER na die jongste veldtog – dis pragtig!

Michelle het ook vir dié geleentheid ’n Louis Vuitton-skepping gekies. Nou kan jy jou mening gee – hou jy van Michelle se ontwerperskepping of nie?
Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!