FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Minnie Muis inspireer SA-ontwerper

Die plaaslike ontwerper Suzaan Heyns is die eerste ontwerper van Afrika wat aan Disney se “Inspired by Minnie”-veldtog deelneem. Die Disney-ikoon Minnie Muis was die inspirasie vir Suzaan se nuutste herfs- en winterreeks

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Die reeks, wat vroeër vandeesweek by die SA Modeweek in Johannesburg bekend gestel is, bestaan uit ontwerpe met groot strikke, bont patrone en animasie-oë. Die meeste van dié klere is in swart en neutrale skakerings, maar daar was ook warm herfskleure. Die versameling is vanaf April 2014 beskikbaar by Suzaan se winkel in Melrose Arch, Johannesburg.

Aan die einde van die vertoning het Minnie Muis self eers ’n draai op die loopplank gemaak voordat sy saam met Suzaan verskyn het. Die modelle het gevolg met Minnie Muis-ore in hul hare.

Minnie Muis het ook al ander ontwerpers geïnspireer – kyk hier!

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

“My interpretasie omskep van Minnie Muis se ikoniese eienskappe in ’n versameling wat elegant, gesofistikeerd en prettig is,” sê Suzaan. Sy voeg by dat dit vir haar heerlik was om inspirasie uit ’n pop-ikoon soos Minnie te kry.

 

 

Onder is sketse van Suzaan se Minnie-geïnspireerde ontwerpe.

Die “Inspired by Minnie”-veldtog het in 2012 begin toe 11 ontwerpers by die Londense Modeweek bykomstighede en kledingstukke wat deur Minnie Muis geïnspireer is, ontwerp het. Kolle, strikke en Minnie se ore was prominent in dié reekse van ontwerpers soos Michael van der Ham, Giles, Katie Hillier (links onder) en Richard Nicoll (regs onder).

 Kry jou Minnie-geïnspireerde modes uit die SARIE-winkel

(Klik op die naam van die item om dit te koop)
 

LINKS: Kauda Dress With Spots en REGS: Polka-dot Peplum Top

LINKS: Boxy Dress en REGS: Lauro Colourblock Tunic

LINKS: Colourblock Dress With Triangles en REGS: Shift Dress With Triangle