Rolene, haar broer Johann en ma, Theresa
FOTO: Rolene Strauss

Rolene, haar broer Johann en ma, Theresa FOTO: Rolene Strauss

Het jy gehoor?

Mode by vanjaar se Durban July

Die Vodacom Durban July-perdewedren is ’n hoogtepunt op Suid-Afrika se mode- en sosiale kalender. Dié uitrustings was van ons gunstelinge by vanjaar se resies.

Die tema was The Big Screen en die vroue (én mans) het behoorlik uitgehang met moderne, klassieke en trendy uitrustings.

Wat dink jy van dié rokke?

Elana Afrika in KLûK CGDT by die 2014 Durban July

Elana Afrika in KLûK CGDT by die 2014 Durban July FOTO: Instagram (@elanaafrika)

Elana Afrika, wat pas teruggekeer het van ’n vakansie in Turkye, het treffend en beeldskoon gelyk in dié vlootblou skepping deur KLûK CGDT. Die rok, wat van kant gemaak is, herinner baie aan die rok wat aktrise Jennifer Lawrence verlede jaar na die première van The Hunger Games: Catching Fire in Los Angeles gedra het.

rolene strauss durban july (4)

Rolene Strauss se Anél Botha Couture-rok is geïnspireer deur die 1920’s FOTO: verskaf

Mej. SA, Rolene Strauss, se rok was vir seker een van dié wat vanjaar uitgestaan het. Die skepping, met inspirasie uit die 1920’s en ou Hollywood, was stylvol en klassiek. Rolene het haar voorkoms met die perfekte haarbykomstighede afgerond. Lees ook Rolene se dagboek-inskrywing oor dié geleentheid HIER.

Jeannie-D by The Espresso Show se Katlego Maboe (heel regs) en die musiekgroep The Black Ties FOTO: Twitter (@Jeannieous)

Jeannie D by The Expresso Show se Katlego Maboe (heel regs) en die musiekgroep The Blackies
FOTO: Twitter (@Jeannieous)

Top Billing se Jeannie D het die kollig gesteel met haar prettige romp en wyerandhoed. Sy het ook een van die jaar se grootste tendense gevolg en bietjie lyf gewys met haar crop top. Dié ster het verlede jaar ook haar eie parfuum bekend gestel.

7de Laan se Aggie in haar Ouma Thema-rok FOTO: Facebook

7de Laan se Aggie in haar Ouma Tema-rok
FOTO: Facebook

Mimi Mahlasela, beter bekend as Aggie van 7de Laan, het pragtig gelyk in ’n koningsblou rok deur Ouma Tema. Sy het haar voorkoms met ’n moulose faux-pelsjassie afgerond. Die swart detail om haar middel het Mimi se figuur gevlei.

Mev. Suid-Afrika, Chané de Kock, het vroulik en elegant gelyk in haar kort rok van Lipsy. Dié kantskepping het boonop haar lang, maer bene beklemtoon.

WAT DINK JY? WATTER ROK IS ’N MODE-WENNER EN WATTER ROK MOES EERDER IN DIE KAS BLY HANG HET? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

  • alida

    Elana se Kluk CGDT rok is vir my pragtig.