louvre
Het jy gehoor?

Modegeskiedenis gemaak by die Louvre in Parys

Silwerdoeksterre soos Leighton Meester, bekend vir haar rol in Gossip Girl, die Indiese skoonheid Freida Pinto (van Slumdog Millionaire) asook die Oscar-wenner Hilary Swank het geskitter in die heel voorste ry by dié spog-geleentheid. 

Die Louvre het ontwerper Salvatore Ferragamo toegang gegee tot die Devon-vleuel, wat ongehoord is!  Die ooreenkoms is dat die modehuis die uitstalling The Virgin and Saint Anne, die heel laaste skildery van Leonardo Da Vinci, sal borg.

Ferragamo, wat begin het as skoenmaker in Hollywood, het later bekend geword vir hul modereekse vir mans en vroue. Die jongste reeks, met sagte skakerings van room en heuning, het perfek en sonder enige pretensie ingepas by die historiese baksteenmure van die museum.

Die Amerikaans-Indiese landstreek was die inspirasie agter die nuwe versameling. Fraiings was oral te sien, asook leer-items met stiksels en inlegsels. Opryg-broeke met pragtige hekel-detail was iets vir die oog, en so ook die glinsterende mini-rokkies wat met knielengte-slangvelstewels gedra is.