Het jy gehoor?

Nuwe Afrika-geïnspireerde modes

Al drie se reekse het ‘n sterk Afrika-gevoel. Sway is bekend vir hul handgetekende Afrika-patrone, terwyl Lalesso bekend is vir sterk kleure met ‘n Keniaanse invloed. Thulare Monareng se ontwerpe reflekteer haar lewensverhaal.

Woolworths groet met dié stap die twee ontwerpers Maya Prass en Stephen Quatember wat ons kaste betower. Volgens Woolworths is sy mikpunt om meer ontwerpers so onder die publiek se aandag te bring.

Pryse in hierdie reekse sal wissel van R450 vir rokke, R350 vir rompe en R250 vir toppies.

Vir meer inligting, kontak 0860 100 987 of besoek www.woolworths.co.za.