Amber Valletta op die voorblad van Editorialist se Herfs Winter 2014 uitgawe

Amber Valletta op die voorblad van Editorialist se Herfs Winter 2014 uitgawe

Het jy gehoor?

Model dra herwonne plastiek op rooi tapyt

SARIE se mode-span is mos mal oor bekendes en hul uitrustings op die rooi tapyt. Ons kan ons verkyk aan wat hulle dra, maar so af en toe verras die uitrustings ons regtig.

By die onlangse Met Gala in New York het die model en aktrise Amber Valletta ‘n rok gedra wat van volhoubare materiale gemaak is. Dié rok van tafsy is versier met blomblare van organiese sy en blinkers van herwonne plastiek. Interessant genoeg is die swart aandrok nie deur ‘n bekende modeontwerper gemaak nie, maar deur die Sweedse klerewinkelgroep H&M.

Amber Valletta in haar H&M skepping tydens die Met Gala 2016. Foto: H&M

Amber Valletta in haar H&M-skepping tydens die Met Gala 2016. Foto: H&M

Dit is die tweede jaar dat H&M spesiaal uitrustings maak vir bekendes wat dié geleentheid bywoon. Van die ander sterre wat vanjaar die groep se klere gedra het, is die sangeresse Ciara en Jennifer Hudson en die aktrise-sangeres Hailee Seinfeld.

Die sangeres Ciara se rok is nog ‘n meesterstuk deur die H&M-span. Hangertjies van Swarovski-kristalle aan ‘n metaal-netwerk is gebruik om die gewaagde rok te maak.

Ciara in 'n gewaagde uitrusting deur H&M. Foto: John Shearer/Getty Images

Ciara in ‘n gewaagde uitrusting deur H&M. Foto: John Shearer/Getty Images

Die 19-jarige Hailee Steinfeld het glansryk gelyk in ‘n smaraggroen rok met ‘n bostuk van sy-organza en blinkers. Die onderste deel was van sysatyn.

Aktriese Hailee Steinfeld lyk glansryk in H&M. Foto: Jamie McCarthy/FilmMagic

Aktrise Hailee Steinfeld lyk glansryk in H&M. Foto: Jamie McCarthy/FilmMagic

“Ons geniet elke oomblik daarvan om dié uitrustings vir die Costume Institute se gala-aand te maak. Mode is H&M se grootste liefde, en dis besonder inspirerend om met die gebruik van die voortreflikste tegnieke en fynste detail skeppings te ontwerp vir sulke wonderlike gaste,” sê Pernilla Wohlfahrt, kreatiewe – en ontwerpdirekteur van H&M.

Met dié uitrustings bewys H&M weer eens hul passie vir mode; van items vir elke dag se dra tot daar die spesiale aand-items.

Meer oor die Met Gala:

Rok toe so mooi dat model nie kan sit nie!

Met Gala: skokke en gunstelinge op rooi tapyt

20160429_VGB Tag