gucci_charlotte_couturing_2
Het jy gehoor?

‘n Koninklike gesig vir Gucci

Met ‘n glansryke styl-ikoon soos Grace Kelly vir ‘n ouma kan Charlotte seker nie anders om ‘n ongelooflike skoonheid te wees nie. En onlangs is sy deur Vogue aangewys as een van die stylvolste jong vroue van 2012. En daarmee is sy weereens die gesig vir Gucci se nuwe advertensie-veldtog.
Jeans en insteekskoene - 'n klassieke wenner

Dié ontwerpershandelsmerk en sy is ‘n goeie kombinasie. Charlotte is mal oor perde en ‘n uitstekende ruiter, terwyl Gucci se handsakke en ander bykomstighede altyd detail het wat die stang van ‘n perd voorstel.

Die stang-detail op Gucci-items:

Insteekskoene van slangvelRoosgoud en diamant oorbelleHandsak van slangvel

Kyk hier vir agter die skerms:

  • Annie

    hoop waarlik nie sy loop die selfde pad as haar Ma en tannie nie,wat nog te se van haar oom,Ja sys n pragtige kind,n besondere skoonheid.soos spreuke sal vertel, die skoonheid vergaan maar deug bly staan….dis die innerlike wat op die eiende tel en nie die buite kant van n mens nie.

  • Mandi

    Prinses Charlotte is nou maar net beeldskoon!