ruby_tuesday
Het jy gehoor?

Swem in die nuutste modes

Talle van ons ken die problematiek van ‘n bikini-broek wat pas, net vir die bikini-top om te groot of te klein wees. Jy wens jy kan verskillende groottes of selfs style en kleure meng, maar dis ‘n stel. Dié meng-en-pas-reeks van Love Water Love is dus net die oplossing.

Dit sal ook plaaslik beskikbaar wees vanaf R200 per item vir ‘n tweestuk en vanaf R750 vir ‘n eenstuk.

Suid-Afrikaners kon reeds by die AFI Kaapstadse Modeweek in Augustus ‘n voorsmakie kry van die reeks.

Kontak Love Water Love vir een van die 20 takke naaste aan jou by 021 422 0798 of besoek www.lovewaterlove.co.za.