Het jy gehoor?

‘n Pienk partytjie in pure Hollywood-styl

Die jaarlikse Pink Party® met Hollywoodsterre is destyds deur die Amerikaanse stilis en boetiek-eienaar, Elyse Walker, in vennootskap met die Cedars-Sinai Vroue-kankers Navorsinginstituut gestig. By vanjaar se prettige pienk partytjie op 25 September by Drai’s at the W in Hollywood, is vroue en mode gevier – en dít alles vir iets wat alle vroue na aan die hart lê: borskanker. Alle geld wat ingesamel is, is vir die werk van dié navorsingsinstituut geskenk. Hollywood skoonheid, Jennifer Garner, was die gasvrou vir die aand.

 

Tydens dié glansgeleentheid is handsakke van top-handelsname soos Prada, Dolce & Gabbana, Jimmy Choo, Balenciaga, Gucci, Valentino, en Bottega Veneta opgeveil. Oor die afgelope 5 jaar is sowat R27 miljoen vir navorsing ingesamel.

Dié jaar se partytjie het met ‘n looplank bo-oor ‘n swembad gespog waarop ontwerpe van Stella McCartney, Blumarine, Brunello Cucinelli, Elizabeth and James, Roberto Cavalli (wat vanjaar ook sy 40ste herdenking in die modebedryf vier) en Haute Hippie se prag-ontwerpe vertoon is.

Die kaartjies – ná 6 suksesvolle partytjies beslis een van dié mees gesogte kaartjies op Hollywood se sosiale kalender – is in verskillende prysklasse beskikbaar en elke klas het ‘n pienk naam: Think Pink, Fuchsia, Magenta, Hot Pink, Rose Gold en Platinum Pink.

Yves Saint Laurent het ook spesiaal vir dié geleentheid ‘n sexy ‘Tribute’-sandaal in pienk suede ontwerp. Daar is selfs 2 verskillende hakke beskikbaar – ‘n platter en ‘n hoër een. Vir elkeen van hierdie moet-hê sandale wat verkoop word, sal $100 geskenk word.

 

Celebs op die pienk tapyt

 
 

Het jy al vir jou jaarlikse mammogram gegaan?