FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sarah Jessica Parker se nuwe skoenreeks

Dis vyftien jaar sedert Sarah Jessica Parker vir die eerste keer op ons kassie verskyn het as die skoenbehepte modeslaaf Carrie Bradshaw. Met ‘n paar hoëhakskoene kon Carrie enige probleem kafdraf.

Sex and the City

Daarom is dit heel gepas dat die 48-jarige aktrise met die beroemde skoen-ontwerper Manolo Blahnik kragte saamsnoer. Sy en George Malkemus, die maatskappy se hoof- uitvoerende direkteur, werk nou aan haar eie handelsmerk, SJP. Dit sal hoofsaaklik uit skoene, handsakke en militêre jasse bestaan.

Legendariese ontwerpers soos Charles Jourdan en Maud Frizon is die inspirasie vir Sarah se skoen-ontwerpe. Haar handsakke skoei sy op die style van die jare sewentig en tagtig. Nuwe kleur-kombinasies en geometriese vorms sal sorg dat dié handelsmerk sy doel bereik om iets ongewoons en unieks te wees.

Die SJP-reeks word vroeg volgende jaar bekend gestel en sal net deur die Amerikaanse kleinhandelaar Nordstrom verkoop word.

Óns dink Carrie Bradshaw sou trots gewees het op dié nuutste ontwikkeling!