1._lazy_daysrz
Het jy gehoor?

Winkel met ‘n ander gloed

Dié reeks het sy ontstaan te danke aan die . . . menopouse!

“Afgesien van die liggaamshitte wat my menswees ondraaglik gemaak het, en waarvoor geen plakker of pil gewerk het nie, was daar nog my figuur om mee rekening te hou. Geen klere het meer gepas nie,” vertel Joey Lombard.

Sy en haar dogter, Elva, ‘n ontwerper, het toe koppe bymekaar gesit en die eindresultaat was The Pink Baobab, ‘n stylvolle reeks vir vroue bo 50 wat graag deftig wil aantrek, maar tog gemaklik wil wees.

Die ontwerpe is tydloos en alles word van natuurlike stowwe gemaak soos linne, sy en katoen.

Skoon lyne en die neutrale palet van die reeks word gekomplementeer deur T-hemde in helder, modieuse kleure, terwyl figuur-foute slim weggesteek kan word deurdat bloese bv. langer gesny word en broeke gemaak word om om die middel te pas.

Vir meer inligting, kontak 082 813 0942 of 073 908 5300.

Stuur e-pos na: pinkbaobab@gmail.com