natalie_portman_100_1024x768
Het jy gehoor?

Natalie Portman – die nuwe gesig van Miss Dior Cherie

Aktrise Natalie Portman is nou bekend as die nuwe gesig van Miss Dior Cherie-parfuum in New York. Dié Black Swan-ster het verskyn van agter ’n deursigtige skerm om voorgestel te word aan die media. Hulle het in spanning gewag vir die aankondiging van wie die nuwe verteenwoordiger van Miss Dior Cherie – een van Dior se mees ikoniese parfuums – sal wees.

Portman se navolgers kan uitsien om haar in haar nuwe rol te sien in ’n veldtog wat geskiet word deur die fotograaf Tim Walker. Sy verskyn ook in ’n televisieadvertensie onder die regisseur Sophia Coppola, in Maart 2011.

Volgens vogue.co.uk het die hoof van Cristian Dior-parfuums, Claude Martinez, gesê Natalie was baie “charismaties en elegant” by die media-konferensie, alhoewel Portman self erken het sy gee nie soveel aandagtig aan haar skoonheids-roetine nie. “Ek is baie casual met my skoonheidsroetine in die regte lewe,” het sy gesê. “Party mense sal selfs sê dat ek slordig is.”

Daar is ook gerugte, volgens vogue.co.uk , dat Blake Lively, die Gossip Girl-ster moontlik die nuwe gesig kan word vir Chanel. Sy het tydens die laaste jaar herhaaldelik Chanel gedra op die rooi tapyt en is die afgelope maand in Parys deur Karl Lagerfeld afgeneem vir dié veldtog.