FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nicole Kidman se nuwe Jimmy Choo-veldtog: JA of NEE?

Nicole Kidman is die gesig van die luukse handelsmerk Jimmy Choo en foto’s van die nuwe veldtog het opinies verdeel. Wat dink jý daarvan?

Nicole Kidman

Dié veldtog is meer rebels as die voriges, maar nie almal is oortuig dat dié beeld by die 46-jarige Nicole pas nie. Ander meen weer sy is te maer en haar bene onnatuurlik lank.

Sandra Choi, die kreatiewe direkteur van Jimmy Choo, sê weer dié veldtog bewys dat Nicole ’n verkleurmannetjie is wat enige persona kan aanneem. Al die seisoene se veldtogte was nog baie anders in styl én in stilering.

Wat dink jy van dié nuwe veldtog? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Skoene vir die herfs

Ons is mal oor die skoen-modes vir dié seisoen. Die rebelse atmosfeer van Nicole se advertensie word ook in die skoenmodes gevind. Kyk uit vir klinknaels, gespes en skoene met houding!

Kry jou skoene met houding in die SARIE-winkel – kyk, klik, koop

Screen Shot 2014-04-01 at 10.24.34 AM

Bron: Harper’s Bazaar