dsc_4947
Het jy gehoor?

Nog ‘n SA model maak naam oorsee

Dylan Armstrong het so pas Versace se Lenter-Somer-2012-mansreeks ten toon gestel op die loopplank tydens die modeweek in Milaan.

Hy het sowat agt maande gelede besluit om sy lyf model te hou en het duidelik baie vining die mode- bedryf plaaslik en internasionaal beïndruk. Hier by die huis was hy die gesig van Stiaan Louw se Herfs-Winter-2011-mansreeks.