SARIE Modeblaaie - Januarie 2016 uitgawe

SARIE Modeblaaie - Januarie 2016 uitgawe

Het jy gehoor?

NUUT! SARIE se modekursus

Is dit jou droom om ‘n moderedakteur te word? Of het jy bloot ‘n passie vir mode? Kom leer dan by SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, meer oor stilering en die beplanning van mode-fotosessies en modeblaaie.

Plek: Kaapstad

Datums: 27-29 Junie 2016

Koste: R4 500 vir ‘n kursus van 3 dae

Vir besprekings en meer inligting, kontak Carmen by Carmen.Botma@sarie.com

SARIE modeblaaie Januarie 2016

SARIE-modeblaaie, Januarie 2016-uitgawe

Kursusgangers gaan die volgende leer:

  • Verstaan jou mark en leser. Dink aan die “gehoor” vir wie jy die foto’s stileer en beplan, want die blaaie van tydskrifte soos SARIE, Vogue en Seventeen sal verskillend lyk omdat elke publikasie ’n unieke lesersmark het.
  • Doen trend-navorsing en besluit watter modeneigings gaan vir jóú lesers werk.
  • Verstaan tydskrifterme. Weet jy byvoorbeeld wat DPS beteken?
  • Stilering: wat werk en wat werk nie. Eerstehandse wenke en truuks uit die modebedryf vir die hele spektrum, van ’n modelfoto tot die stilering van produkte.
  • Beplanning van ’n modestorie: Besluit op die plek waar die foto geneem gaan word, kies die model en ander kunstenaars soos grimeerder en haarstilis wat nodig is, en werk die logistiek vir die dag uit. Dink aan probleme wat kan opduik en hoe jy dit gaan hanteer.
  • Produkblad-stories. Wat moet jy alles in ag neem wanneer jy dit beplan?
  • Elke kursusganger kry kans om haar/sy eie produkblad-storie te doen, en Amaria sit hand by.
  • Elke kursusganger kry kans om ’n uitrusting vir ’n modestorie te stileer en ’n model word dan in dié uitrustings afgeneem. Elkeen gaan dus die eindproduk van haar/sy werk sien.

Plek: Kaapstad

Datums: 27-29 Junie 2016

Koste: R4 500 vir ‘n kursus van 3 dae

Vir besprekings en meer inligting, kontak Carmen by Carmen.Botma@sarie.com