mg_6610
Het jy gehoor?

Nuwe Durbanse talent by Mr Price

Dis haar eerste reeks by dié winkel, en dit sorg vir groot opwinding! Jy kan juweliersware wat kunstig uit tou gemaak is verwag, alles in neonkleure, wat perfek is vir die somerseisoen.
Kleurvolle halssnoere van touArmbande

Ons het met Cassandra gesels oor die reeks.

Wat het jou die idee gegee vir hierdie reeks?

Ek was werkloos, met hope tyd op my hande. Ek het ure lank op en af geloop in ysterwarewinkels en alles bekyk. (Hierdie gewoonte het ek by my pa geleer!) My belangstelling in spesifiek tou is aangewakker deur die macramé-trend wat in die 70’s so gewild was en nou weer in die mode is.

Het jy ’n gunsteling-item in die reeks?

My heel eerste stuk, naamilik die halssnoer van gedraaide knope.

Het jy ’n lewensleuse?

“Baie mense lê nooit inisiatief aan die dag nie, omdat niemand hulle aansê om dit te doen nie.” – Banksy (graffiti-kunstenaar)

Wat is vir jou die lekkerste ding omtrent ontwerper wees?

Die vermoë om te skep wat ook al jy wil, solank jy dapper genoeg is om kritiek te aanvaar.