Het jy gehoor?

Marc Jacobs se nuwe werk by Coca-Cola Light

Diet Coke, bekend vir die vroulike aanslag in hul bemarkingsveldtogte, het vandag aangekondig dat Marc Jacobs aangestel is as hul nuwe kreatiewe direkteur vir 2013. Jacobs volg in die voetspore van ontwerpers soos Karl Lagerfeld en Jean-Paul Gaultier wat voorheen eksklusiewe bottels en bemarkingsveldtogte vir die koeldrank ontwerp het.

Jacobs se ontwerpe gaan fokus op die bemagtiging van vroue deur die “Eighties, Nineties and Naughties”. Coca-Cola Light het hul samewerking met Jacobs afgeskop deur hierdie tong-in-die-kies video wat herinner aan die Diet Coke “11:30 break”- advertensies van die 90’s. Met Coca-Cola Light se samewerking met Marc Jacobs gaan ons die “Sparkling Together”-veldtog sien, wat Diet Coke se 30ste verjaardag vier.

Jacobs beskryf dit as stylvol en lighartig. Jy hoef ook nie meer lank te wag nie, want die ontwerpe is hierdie Junie beskikbaar op die 330 ml-koeldrankblikkies en 2 liter-bottels in Suid-Afrikaanse winkels.