Het jy gehoor?

Oakley Radar tot die redding!

Ná 69 dae ondergronds is die pupillle van die 33 Chileense myners se oë vergroot om in die donkerte soveel lig as moontlik te kon inlaat. Dít was een van die punte wat in ag geneem moes word toe hierdie reusagtige reddingspoging beplan is.

Danksy ‘n Chileense joernalis het dié sonbrilvervaardiger die ekwivalent van sowat R279 miljoen se advertensietyd gekry. Hy het die private gesondheidsversekeraar van Chile, ACHS (Association Chilena de Seguridad) aanberaai om Oakley te kontak vir oogbeskerming. Hulle het dadelik 35 Oakley Radar®-sonbrille van sowat R3 000 elk geskenk. Selfs die Chileense Minister van Mynwese en die leier van die reddingspoging, Laurence Golborne, het een gedra om sy solidariteit met die myners te wys.

Oakley Radar® het lense van swart iridium (Black Iridium®) wat danksy spesiale tegnologie gemaklik om die oë vou. Dít verseker dat skadelike UV-strale selfs van die sykante gekeer word. Die donkergrys basis van die Black Iridium®-lens verminder straling en balanseer lig. Die lense word ook nie vuilgesmeer deur modder, olie of stof nie en was daarom die perfekte sonbril om te dra tydens die reddingsoperasie.

Die Burger berig dat “Super” Mario Sepulveda Espina vir die beste blootstelling vir Oakley gesorg het aangesien beeldmateriaal van sy redding oor en oor wêreldwyd gewys is.

Dié spesifieke sonbrilmodel (R2 100) is al vir jare lank ‘n gunsteling vir professionele fietsryers soos Lance Armstrong, skiërs, gholfspelers en selfs Hollywoodsterre soos Jon Favreau van Couples Retreat

Vir meer inligting, kontak 021 486 6100.