Het jy gehoor?

Oefen in styl

As jy hou van ‘n aktiewe, gesonde leefwyse, maar steeds met ‘n tikkie mode-flair, draf in by Pounce, die nuwe oefendrag-boetiek op die grondvloer van die Montclare Place-winkelsentrum in Claremont, Kaapstad.

Dié deftige boetiek bied ‘n verskeidenheid oefenklere vir mans en vroue, met ‘n keuse tussen bekende handelsname soos Brasilfit, Adidas, Speedo, New Balance en Havaianas, geskik vir allerlei sportaktiwiteite – van swem, draf, joga en Pilates.

Vir nog inligting, besoek www.ilovepounce.com.