matriekafskeidrok
Het jy gehoor?

Ons soek SA se mooiste matriekafskeidsrok

Dis weer die seisoen waaroor matriekmeisies droom – daardie spesiale aand wanneer dit jóú beurt op die rooi tapyt is.

Skryf jou droomrok in vir ons wedstryd en jy kan dié heerlike prys wen. Klik hieronder om in te skryf en onthou om foto’s gereed te hou: een vollengte foto en een kop-en-skouers-foto!
Jy kry ook kans om te sê waar jy die inspirasie vir jou rok gekry het.

Deel jou inskrywing met jou Facebook-vriende en vra dat hulle kommentaar lewer.

HIER’S ‘N PAAR ALGEMENE MATRIEKAFSKEIDSROK-TRENDS

ROOI TAPYT-INSPIRASIE VIR JOU GROOT AAND

sarie.com se modeblogger, Aspoestertjie, het die top style vir 2010 op Hollywood se rooi tapyte gaan soek. En haar raad is om die kleur reg te kies en beslis nie te veel ‘cleavage’ te wys nie. Die top kleurpalette vir dié seisoen is ‘nudes’ & pastelle, maar ook helder kleure soos rooi en pers.

Kies &aposnude' skakerings vir jou droomrok

KLEUR VIR MATRIEK

Swart kom vanjaar tweede by matriekafskeidgesellighede. Pers, poublou, inkblou en turkoois is nou die ín-kleure.

Só sê Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur:

* Bloue is net so stylvol soos swart.

* Pers lyk veral goed by blonde koppe, inkblou by die J.Lo’s van die wêreld.

* 40% van alle mense sê blou is hul gunsteling-kleur.

By die Afrika-modeweek in Johannesburg het plaaslike ontwerpers soos Thula Sindi en Klûk CGDT ook skeppings in hierdie treffende kleure gewys.

Rok van Thula Sindi by die Afrika-modeweek

En dít kan jy wen

 

‘n R5 000-geskenkbewys vir die droomrok van jou keuse – ontwerp en met puik vakmanskap gemaak deur die Italiaanse familiebesigheid, La Collezione dei Conti. Dié top-ontwerpershuis is veral bekend vir hul trourokke, uitrustings vir die bruidegom en die gevolg asook prag-aandrokke vir skemerkelkies en ander spesiale geleenthede. Inspirasie word direk vanaf die Italiaanse loopplanke na SA gebring.

La Collezione dei Conti

La Collezione dei Conti

WEDSTRYDREËLS


SLUITINGSDATUM: 30 November 2010

 
  • Magna de Jager

    Wie dit mag aangaan

    Ek sal baie graag my dogter se rok wil inskryf, maar hulle matriekafskeid is eers die 8ste Oktober 2010. Is daar ‘n moontlikheid dat julle die datum vir die inskrywings kan skuif?

  • Maryke van SARIE

    Hi Magna, ons het besluit om die sluitingsdatum aan te skuif na 30 November sodat alle matrieks ‘n gelyke kans het om in te skryf. Gaan gerus voort en stuur daai inskrywing wanneer julle gereed is.

  • Alexis

    Maryke,
    Ek het so pas ‘n foto ingestuur van my dogter se afskeid rok. Hulle afskeid is eers einde sept. Kan ek dan later weer foto van haarself met haar rokkie instuur. Ek het nie besef dit moes van haar in haar rok wees nie

    Alexis

  • Maryna Mouton

    Hi daar, ek het my meisiekind se matriekafskeidsrok Vrydag opgelaai, maar dit wys nognie by die inskrywings nie. Moet ek dit weer oplaai, of gaan julle eers deur die submissions om te kyk of alles reg is, voor julle dit om die web publiseer.

    Lekker dag

  • Mienke

    Hi, ek het perongeluk my rok twee keer ingeskryf omdat ek dit nie dadelik op die webtuiste gesien het nie. Hoe kan ek dit regstel?

  • Simonè

    Hai…Ek het Marguerite Pohl ingeskryf…maar dit lyk nie asof sy al op alle inskrywings is nie…?…kom sy nog? Dankie

  • Marlene

    Ek sukkel ook om my inskrywing te sien? Hoe doen n mens dit, of vat dit n tydtjie?

  • Maryna

    Hoe gaan julle die wenner bepaal?

  • http://www.facebook.com Margo Lamprecht

    Ek is nie seker of my inskrywing wel ontvang is nie.

  • Francois du Toit

    Geagte Maryke, ek sien eks nie die enigste een met die probleem nie, ek het my dogter se rok ingeskryf maar dit wys nie op die webblad nie, moet ons eers ‘n rukkie wag voor dit verskyn?

  • Lucelle Swanepoel

    hallo ek wil net weet of my inskrywing ontvang is… ek sien dit nie** dankie x

  • Carla Elstadt

    Hi ekt nou al 2 keer ingeskryf en sien nogsteets nie my inskrywing?

  • Elize

    Hi daar. Ek sien daar is nog mense met dieselfde probleem maar ek sien geen reaksie van u kant af nie so ek gaan ook maar vra, wanneer word die blad met die rokke opgegradeer? My dogter het haar rok ook op gesit maar ons sien niks nie ? Dalk kan u ons net ‘n aanduiding gee wanneer dit sal op wees. . . . .
    Dankie.

  • Pienie

    Maak seker dat jou foto gesave is jpg ander laai dit nie op nie

  • Marelize Prügger

    Hallo daar
    Ek dink die rok van Ciska Aggenbach is die mooiste en ek is seker daar is nog baie ander wat ook so dink.
    Baie mooi

  • Jeanette

    Halo! Indien jou e-pos adress verkeerd ingetik is benadeel dit jou inskrywing of moet jy weer van vooraf inskryf ?Sal die inskrywing nogsteeds voortgaan?
    ASB laat weet!

  • Ella

    haai, hoe lank vat dit voordat die inskrywing verskyn saam met die andersin?

  • Charlise Visser

    Ek is werklik bly julle bied so ‘n kompetisie aan. Baie dnakie.

  • Lizette

    Hallo, Ek het Carla v/d Merwe al 26/27 Oktober ingeskryf, maar ek sien nie die foto nie. Is daar dalk enige probleem?

  • Sune Coetser

    Wanneer verskyn die inskrywing? Ek het geen ‘confirmation’ ontvang dat ek nou wel ingeskryf is nie. Hoe werk dit? Dankie!

  • Marinda Rossouw

    Hallo, ek het op 22 November foto’s geplaas van Natasha Knoetzen. Dit verskyn tot sover nog nie in die galery van matriek afskeid foto’s nie en ek wil graag weet hoe lank dit neem voordat dit geplaas word. Moet ek dit dalk weer plaas vir in geval dit julle dalk nie bereik het nie.

    Ek sal ‘n spoedige antwoord van julle baie waardeer.

    Baie dankie
    Mrinda

  • Marina van der Merwe

    Haai. Ek het sopas ingeskryf vir die kompetisie, maar ek is nie seker of my inskrywing deur gegaan het nie. Help?? Baie dankie! Marina

  • Charlene Jones

    Ek het my dogter Tamsyn Jones ingeskryf, maar haar foto het nog verskyn? Moet ek dit weer doen?