Het jy gehoor?

Onse Katryn met die mode-wêreld aan haar voete

Pas het ons modespan Katryn Kruger van Durbanville vir dié uitgawe tussen die kanola-lande van die Overberg geskiet, en sy’s Parys toe om eksklusief vir die modehuis Givenchy op die loopplank te
verskyn. En hier is sy! ’n Treffer en so gemaklik in die kollig asof sy dit al haar lewe lank doen, sê ons modedirekteur, Chris Viljoen. Katryn het ook al in Prada se Lookbook (’n prestige-glansbrosjure)
verskyn. Letterlik van die skoolbank na die loopplank in minder as ’n jaar. Mansmodel Robert Bester, wat Zac in 7de Laan gespeel het, het haar in ’n winkelsentrum ontdek.

Katryn, dís ’n SA naam om te onthou . . .

[box:full:grey:both]

Lees meer oor Katryn in die Januarie 2012 uitgawe van SARIE – Nou op die rakke!

[/box]

  • Jacomi Grove

    Sy si stunning! Ek sal graag haar e-pos of kontak besonderhede wil kry. My dogter is Done Grove, en haar droom is presies dit wat Katryn nou doen! Sy is nou nog net 10jaar oud, maar loop in ‘n nommer 3 hoehakskoen op die loopplank soos ‘n meisie van 18! Sy is ook baie atleties en is mal oor drama…..

    Indien julle my kan help sal ek baie dankbaar wees

    Vriendelike Groete

    Jacomi Grove
    0836500983