Jacqueline Roux (17) - FOTO Veronique Mills, KLERE Nili

Jacqueline Roux (17) - FOTO Veronique Mills, KLERE Nili

Het jy gehoor?

Jacqueline lyk na haar mooimaaksessie nes Taylor Swift

Nadat die 17-jarige Jacqueline Roux ’n SARIE.com-mooimaaksessie ontvang het, het sy vir ons baie soos Taylor Swift gelyk. Boonop is Jacqueline ook ’n sangeres en is lief vir kitaarspeel – net soos Taylor.

Jacqueline het vir die mooimaaksessie gegaan om pragtige foto’s vir haar professionele portefeulje te kry. Dié blondine is in Texas in Amerika gebore, maar het in Suid-Afrika groot geword.

BESPREEK jou eie mooimaaksessie HIER.

Sy is ’n aspirante jong sangeres van Kenridge wat haar styl as boheems, jonk, sag en vrolik beskryf.

Kry die styl: Boheems en sag

Jacqueline Roux (17) - FOTO Veronique Mills, KLERE Adrienne Oosthuizen

Jacqueline Roux (17) – FOTO Veronique Mills, KLERE Adrienne Oosthuizen

Dié styl gaan oor natuurlik wees – van jou hare tot jou skoene.

Beantwoord dié vrae om uit te vind of dít jou styl is:

  • Hou jy van die buitelug en om in die natuur te wees?
  • Dra jy los, vloeiende klere?
  • Dra jy jou hare gewoonlik los sonder om dit veel te stileer?
  • Spandeer jou vriende baie meer tyd voor die spieël as jy?
  • Is baie van jou skoene en handsakke van natuurlike materiaal soos leer (of kunsleer) gemaak?
  • Hou jy meer van instrumentele musiek waar een instrument soos ’n kitaar meer prominent gehoor kan word as byvoorbeeld elektroniese musiek?
  • Hou jy daarvan om baie ringe te dra, groot oorbelle en lang hangertjies?

As jy meer as 4 keer JA geantwoord het, is jou styl moontlik boheems en sag.

Die klere wat die mooimaak-span vir Jacqueline van Nili en Andrienne Oosthuizen gekies het, is baie vroulik in sagte pastelkleure en blompatrone. Soos Taylor, wys Jacqueline ook steeds haar vroulike kurwes deur byvoorbeeld ’n belt om haar middel te bind.

Taylor word gereeld in sandale gesien. Sandale is die perfekte oplossing vir enige somer-uitrusting, want dit kan by ’n lang rok in die aand of by ’n kortbroek deur die dag gedra word.

Koop hierdie Lilikoi-items (bo) by www.lilikoishop.co.za of skakel 082 780 3221 vir meer inligting.

Jacqueline en Taylor se voorkoms

Die beeldskone Jacqueline het dieselfde country-sjarme as Taylor Swift, met haar natuurlike grimering en sagte krulle. Jacqueline se jong vel lyk stralend en sag terwyl die bruin oogskadu op haar oë ’n tikkie glans aan haar voorkoms gee.

Die vloeibare oogomlyner wat teen haar boonste ooglid getrek is, is kontrasterend met haar ligte vel en beklemtoon haar oë. Die ligpienk lipglans herinner veral aan Taylor se voorkoms toe sy nog jonk in die musiekbedryf was.

Kry hul krulle só

Kry Jaqueline (én Taylor) se glansende krulle sommer met jou stileeryster! Knyp ’n dun string hare in die yster vas, draai dan die stileeryster 180 grade na onder en trek die toestel deur die string tot by die punte van jou hare. Deel die res van jou hare in nog stringe en herhaal die proses.

Hier wys ons jou in ’n japtrap hoe om die groot, moderne bolla te kry!

Probeer dié produkte vir die country-grimeervoorkoms

Wet n Wild Color Icon Eyeshadow Trio in Sweet as Candy (R65 by Clicks).

Cargo Texas Liner Liquid Liner (R220 by Clicks).

Maybelline New York Colorsensational The Shine Gloss in Pink Shock (R110).

Kry Taylor en Jacqueline se uitrustings in die SARIE-winkel

Blouse with front waterfall detail en Flutter-sleeve blouse

Dark-wash skinny jeans en Levis® Bold Curve Straight

Flower alice band en White headband with print